Tuesday, March 3, 2009

Wyn 101 - Wynproe

Ek hoop julle het leker wyn geproe? Nou is dit tyd om regtig die wyn te proe! Alhoewel die meeste sal saamstem, dat ons nog nooit nodig gekry het om die wyn uit te spoeg nie. Wel, die goeie nuus is dat ons nie hoef uit te spoeg nie, tensy dit sleg is!
Onthou ons het die wyn al punte gegee vir sy kleur en ons het die wyn "geneus" en nou vir die evaluasie met die proe. n' Mens proe op jou tong en dit is 'n hele 10 punte. Ek gaan egter die proe of die palet 'n bietjie oor twee blogs doen, net eenvoudig dat ons meer kan oefen, dit is tog die lekkerste gedeelte!

In kort; jy sal aan die kante van die tong die suur proe, op die punt soet en agter bitter. 'n Goeie tegniek is om die wyn te rol oor jou tong. Daarvoor is dit raadsaam om'n klein hoeveelheid wyn in die mond te spoel. Jy kan self besluit of jy wil sluk, of uitspoeg. Die uitspoeg help groot-en-deels dat jy kan bly konsentreer en nie vir die laaste wyn vol punte gee omdat jou oordeel jou in die steek laat. Waarvoor moet jy oplet? Weereens in engels:
  • Entry
  • Acid
  • Tannin
  • Flavour
  • Sugar
  • Alcohol
  • Balance

Gaan proe eers, ek sal volgende keer meer vertel oor bogenoemde. 'n Paar wenke: Tannin is veral by Cabernet Sauvignon wyne en by die Chenin Blanc sal daar gewoonlik acidity teenwoordig wees. Vat enige port of muskadel vir so 'n bietjie soet en die bitter, nou ja, dit wil ons nie regtig proe nie.

Wat is nuus in die omgewing? Dit is nou parstyd so daar is 'n klomp feeste wat wag. My keuse is die Wellington wine harvest Festival op 21 en 22 Maart. Sien julle daar!

" 'n Maaltyd sonder wyn is soos 'n dag sonder sonskyn". Ek kan nie onthou wie se woorde die was nie, maar dit maak sin.

Lekker oes en proe!