In plaas daarvan om te veel te skryf oor die fyner punte van die wynproe, wil ek liewer sommer oor die algemeen in die wynbedryf iets skryf. Ons het al die basiese punte om lekker te kan proe.
Die eerste wat ek raak lees nou die dag, is dat in Frankryk het die hof bepaal dat die Saint Emillion klassifikasie van 2006 geskrap word. Saint Emmillion is een van die mooiste dorpies in Frankryk om te besoek, so hoor ek, was nog self nie daar nie. Ek weet dit is 'n "world herritage site", 'n Ou middel eeuse dorpie, so dit moet fantasties wees. Ieder geval, die klassifikasie, vir die wat nie bekend is daarmee nie, die wynstreke word geklasifiseer en afhangende van die klassifikasie kan jy of meer of 'n laer prys vir jou wyn kry. Die klassifikasie vir Saint Emillion is in 1954 gestig en dit blyk dat nie te maklik gaan nie. Hoop net nie dit beinvloed hul wymaak negatief nie.
As jy wil weet van wyn, hier is 'n site wat skrik vir niks nie: www.ablegrape.com Dit is nou 'n "wine-only search engine".
As jy wil weet van wyn, hier is 'n site wat skrik vir niks nie: www.ablegrape.com Dit is nou 'n "wine-only search engine".
Hier is so baie vakansie dae en die skole is ook gesluit, dat dit nou die beste tyd is om rond te ry en 'n paar wynplase te gaan besoek. Hier is 'n paar om Stellenbosch in geen besondere volgorde nie:
- Neethlinghshof
- Uitkyk
- Tokara
Dit is nou een in elke rigting, jy kan maar so tussen die plase stop, daar is nog baie!!
Lekker proe
No comments:
Post a Comment