Ek hoop julle het lekker geproe! Ons het nou baie in die bottel gekyk of liewers in die glas. Vandag gaan ons meer tyd spandeer om 'n bietjie die aroma van die wyn te bewonder.
Voor ek begin, ek lees 'n artikel wat 'n perd vir die Herald Tribune geskryf het,waar hy in New York van alle plekke van die beste cabernet sauvignon's gekry het teen billike pryse. As 'n cab man myself was ek dadelik nuuskierig om te sien watter wyne dit is. Wat dit nog meer merkwaardig maak is dat dit geidentifiseer is tydens 'n blinde wynproe in Januarie die jaar waaronder 'n "New york Times food and wine critic" een van die beoordeelaars was. Groot was my vebasing dat die wyn almal kom van Stellenbosch omgewing, sommer so op my voordeur.
Uit die 25 bottels wat geproe is, was die 2004, cabernet sauvignon van De Trafford en die 2004, cabernet sauvignon van Rust en Vrede die gunstelinge. Nou toe, daar het jy dit as jy in New York bly. Die wyne prys tussen $20 en $32 in NY.
Ek het ook besluit om waar tyd dit toelaat ook vir julle te vertel van aktiwiteite wat gebeur in die wynbedryf. Soos goeie wyn tyd vat om te verouder so vat dit ook tyd om met een vinger te tik!
Volgende naweek is my keuse die Manuka wynproe in Somerset Wes wat gehou word 21 Februarie. Die proe is gratis en die wyne van Wildekrans word geproe. Gaan soek dit op die net as jy wil weet waar dit is.
So terloops die tydskrif "fynproe" het ook gevou onder die moielike ekonomiese omstandighede. Jammer, dit is puik tydskrif.
Goed, nou by die wynproe. Ons moet nou 7 punte opmaak vir die totaal van 20. Ons het reeds 3 vir die "appearance" . In kort kan jy die neus indeel, nou nie jou eie nie, ons verwys na die aroma, in die volgende sub-afdelings: "Condition, intensity, aroma, bouquet and complexity"
"Condition: The wine should be free of off-odours". Die wyn moet aangenaam wees op die neus. Die mees bekende foute is: "Cork taint, oxidation and volatile acidity".
"Intensity: Is the nose immediately forthcoming, delicate, subdued or shy and closed?" Slaan dit jou asem weg of moet jy die wyn met jou neus inslurp om iets te ruik?
"Aroma: The aroma comes from the character of the grapes. What does the smell remind you of?" Kees, dit is hier waar jy die spanspek kan ruik. Ek sal later tegnieke gee wat dit makiliker sal maak.
"Bouquet: The bouquet comes from odours arising from the production and development of the wine. This can include Vanilla, butter, etc." Daai vaatjie gee 'n spesifieke reuk af afhangende van watter hout dit gemaak is. Byvoorbeeld vanilla is afkomstig van die amerikaanse eik.
Die laaste van die neus kategorie is die "complexity". As jy ruik dan kom daar sommer klomp geure en as jy weer ruik iets anders. Dit dui op 'n wyn met "complexity".
Nou kan julle lekker verder proe/ruik.
Wenk van die week: Diemersfontein se Pinotage. Kyk 'n beitjie wat jy ruik en kyk agterop die bottel. Moet nie verneuk nie, kyk eers na die tyd.
Tot later, lekker proe.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment