Monday, January 19, 2009

Wyn 101 - Kyk diep in daai glas!

Hopelik het ons almal 'n bietjie kans gekry om 'n paar wyne te proe. Terloops teen watter temperatuur moet wyn nou eintlik bedien word? Die volgende kan gebruik word as 'n riglyn, onthou as dit toevallig sneeu daar waar jy is sal dit lekkerder wees om wyn teen 'n warmer temperatuur te bedien. Klem op die riglyn. Ieder geval, so drink'n mens wyn:
  • Wit wyn - 12 Grade Celsius
  • Rooi wyn - 19 Grade Celsius
  • Vonkel wyn - 7 Grade Celsius

Kom ons kyk na 'n paar notas wat gemaak is tydens ons wynproe. Ons hanteer net die voorkoms of dan die kleur en struktuur van die wyn. Inlyn met ons internasionale benamings en om verwarring te voorkom gebruik ons net die engelse beskrywings.

"Appearance" hier moet jy 'n punt uit 3 gee. Waarvoor kan jy punte gee?

  • "Clarity - clear, bright, brilliant, cloudy, etc."
  • "Depth" - Kantel die glas skuins sodat dit amper uitloop (Tong van die wyn raak aan die rant van die glas) en kyk na die hart van die wyn aan die onderkant van die glas. Wat sien jy? By 'n rooi wyn: "deep, translucent, opaque" en by 'n wit wyn: "colourless, pale, light, etc."
  • "Colour - white wine: straw, gold, lemon, green, etc. and red wine: ruby, purple, tawny, brick red, etc."
  • "Gradation - the gradation from the heart to the meniscus." Die verandering in die kleur vanaf die hart tot by die rant of meniskus gee 'n aanduiding van die ouderdom van die wyn. Hoe meer die verskil in kleur van die wyn na die kant hoe ouer is die wyn. Onthou egter dit is meer by rooi wyne van toepassing, jy sal net kommentaar gee by wit wyne as die verskil baie duidelik is.

Nou weet ons waarna om te kyk. Dit alles net vir 3 punte en daar moet 'n totale punt van 20 gegee word!

Lekker proe. Wenk: Probeer 3 rooi variteite om mee te oefen aangesien die kleur makliker onderskei kan word, bv. Pinotage, Cabernet Sauvignon en 'n Shiraz

No comments:

Post a Comment