Monday, January 12, 2009

Wyn 101 - Kyk, Ruik en Proe

Daar word gepraat van wynproe maar eintlik is die proe maar een van die sintuie wat gebruik word en ook die laaste. Gooi solank 'n glas wyn. Nou hoe word dit nou eintlik gedoen? Daar is basies 3 sintuie wat gebruik word en in volgorde: visueel (Kyk met die ogies), reuk (Gebruik daai neus) en laaste smaak (Rol daai wyn in die mond oor die tong).
Daars-hy, kyk, ruik en proe. Probeer dit met jou wyn en skryf 'n paar punte neer. Wat sien jy? (beskryf die kleur), wat ruik jy? (probeer dit koppel aan reuke wat jy ken) en wat proe jy? (gebruik jou verbeelding jy kan nie verkeerd wees nie!) Dit is belanrik om notas te maak, in wynproe gaan jy dit nog baie doen! Lekker proe, volgende keer kyk ons na meer spesifieke punte.

Ter loops: Ek lees Frankryk wil wetgewing in bring om alle landgoede te dwing om geld te vra vir wynproe, so as jy nog nie 'n draai in Bordeaux gemaak het sal jy moet wikkel!

No comments:

Post a Comment